0
Grey se Tafeltennistoernooi
Sittend : Shorty Kgabale ; Itumeleng Kunene ; Tshepo Phalatsi ;
Charl Mattig ;Godfrey Molete ; Zain Zakhura
Staan : Cedric Modise ; WG van der Hoven ; Crispin Moss ;
Eugene Mattig ; Jaco de Swardt ; Ziyaad Issa ; Ronald Petersen
Grey se Tafeltennistoernooi het Vrydag 12 Februarie om 11:00 begin met die klastoernooi waar elke klas in Grey 2 spanne kon inskryf. Die gr 12A1 klas met Nelis Louw as kaptein het vir oulaas die kompetisie van die graad 12’s gewen.
Mnr Lourens Engelbrecht se span (11E1) was 2de – en vir hom en sy registerklas was dit ‘n fees om vir oulaas saam te speel!
Die Grey Enkel Kampioenskappe was Vrydagmiddag vanaf 14h00. Die Juniors se wenners is Sebala Kabi (Gr 9E2) en die Senior kampioen Crispin Moss (11E1)
Saterdag, in die spankompetisie (bestaande uit 3 spelers per span), het 18 spanne ingeskryf.
CMC (Caleb Motsabi Centre) A span het gewen (Shorty Kgabale) die afrigter (links voor)
Grey se A span was tweede.
Grey C was derde.
Grey (Team China) vierde.
Dankie aan die borge : Dis-Chem
Article added 2010/02/23
(Back to Dis-Chem News)